Ou Testament

Nuwe Testament

Job 36:25-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Elkeen het hierdie dinge gesien, maar net van ver af.

26. Kyk, God is verhewebokant ons begrip.Sy jare is sonder einde.

27. “Hy trek waterdamp op en laat dit val as reën.

28. Reën stort uit die wolkeen almal baat daarby.

29. Kan iemand verstaan hoe die wolke uitsprei,en die donderweer rol deur die hemel?

30. Kyk hoe Hy die weerlig rondom Hom laat blits.Kyk hoe dit die diepsee verlig.

31. Deur sy magtige dade regeer Hy oor die mense, Hy sorg vir hulle met oorvloed.

32. Hy vul sy hande met weerligen gooi hulle af op sy teiken.

33. Die donderweer verkondig sy teenwoordigheid.Die storm kondig sy woede aan.”

Lees volledige hoofstuk Job 36