Ou Testament

Nuwe Testament

Job 36:10-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. So kry Hy hulle aandag en sê vir hulledat hulle moet wegdraai van die kwaad.

11. As hulle luister en Hom gehoorsaam, word hulle geseën met voorspoed deur hulle hele lewe.

12. Maar as hulle weier om te luister, sal hulle sterf in die geveg en ondergaanomdat hulle niks verstaan nie.

13. “Goddelose mense vertroetelhulle woede.Selfs wanneer Hy hulle straf, weier hulle om te roep om hulp.

14. Hulle sterf jonk.Hulle lewe eindig in skandelike dade.

15. Maar deur hulle swaarkry, red Hy mense wat ly.Want Hy gebruik hulle lyding om hulle oë oop te maak.

16. “Ja, ook vir jou wou God uit die gevaar lei.Hy wou jou vrymaak.Hy wou jou oorgenoeg gee om van te lewe.

17. Maar jy is behepmet die oordeel oor die goddelose.Moenie bekommerd wees nie.Regverdigheid sal seëvier.

18. Oppas dat voorspoed jou nie verlei nie.Moenie dat ’n groot omkoopgeskenk jou laat sondig nie.

19. Kan al jou geld en moeite jou help in jou ellende?

20. Moenie wens dat die nag kom nie.Dis juis dan dat mense vernietig word.

21. Wees waaksaam! Draai weg van die kwaad!God het juis swaarkry oor jou gestuur om jou weg te vat van sonde.”

22. “God is almagtig.Wie kan ’n mens leer soos Hy?

23. Niemand kan Hom vertel wat om te doen nie.Niemand kan vir Hom sê: ‘U was verkeerd’ nie.

24. Nee, verheerlik liewer sy magtige werke en sing tot sy lof.

25. Elkeen het hierdie dinge gesien, maar net van ver af.

26. Kyk, God is verhewebokant ons begrip.Sy jare is sonder einde.

Lees volledige hoofstuk Job 36