Ou Testament

Nuwe Testament

Job 30:8-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Hulle is naamlose dwase,uitgeworpenes van die samelewing.

9. “Dit is nou hulle wat my spot met hulle walglike liedjies! Hulle tart my!

10. Hulle kyk op my neer.Hulle kom nie naby my nie, behalwe om in my gesig te spoeg.

11. God het my platgeslaan.Hy het my verneder.En nou doen mense dieselfde met my.

12. Die spul val my aan.Hulle loop my voete onder my uit.Hulle lê strikke in my pad.

13. Hulle versper my pad en doen alles om my ellende te verergerterwyl hulle weet dat ek niemand het om my te help nie.

14. Hulle storm uit alle rigtings op my af,waar ek geval het, storm hulle oor my.

15. Ek lewe in angsen het geen selfrespek oor nie.My hoop dat ek gered kan word, het soos mis voor die son verdwyn.

16. “Dit voel of die lewe uit my loop.Hartseer oorweldig my elke dag.

Lees volledige hoofstuk Job 30