Ou Testament

Nuwe Testament

Job 30:12-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Die spul val my aan.Hulle loop my voete onder my uit.Hulle lê strikke in my pad.

13. Hulle versper my pad en doen alles om my ellende te verergerterwyl hulle weet dat ek niemand het om my te help nie.

14. Hulle storm uit alle rigtings op my af,waar ek geval het, storm hulle oor my.

15. Ek lewe in angsen het geen selfrespek oor nie.My hoop dat ek gered kan word, het soos mis voor die son verdwyn.

16. “Dit voel of die lewe uit my loop.Hartseer oorweldig my elke dag.

17. In die nag hou die pyn my wakkersoos dit vreet aan my bene.

18. God het my met geweld aan my klere gegryp. Hy gryp my aan my jas se kraag.

19. Hy gooi my in die modder.Ek het soos stof en as geword.

20. “Ek roep na U, o God,maar U antwoord nie. Ek staan voor U, maar U sien my nie raak nie.

21. U was genadeloos teenoor my.U vervolg my met u groot krag.

22. U tel my op en laat die wind my wegwaai.U gooi my rond in die storm.

23. Ek weet U stuur my na die dood, die bestemming van alles wat leef.

Lees volledige hoofstuk Job 30