Ou Testament

Nuwe Testament

Job 29:12-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Want ek het die armes gehelp in hulle nood,en die weeskind wat niemand gehad hetom hom te help nie.

13. Ek het mense gehelp wat alle hoop verloor het,en hulle het my geseën.Ek het ’n lied gebring in die harte van weduwees.

14. Wat ek ook al gedoen het, was regverdig en opreg.Regverdigheid was oor mysoos ’n kleeden reg het my hoof bedek.

15. Ek was soos oë vir die blindes en voete vir dié wat verlam is.

16. Ek was ’n vader vir die armesen het gesorg dat die vreemdeling regverdig verhoor word.

17. Ek het die greep van wettelose verdrukkers verbreeken hulle gevangenes uit hulle mag vrygestel.

18. “Ek het gedink: ‘Ek sal tog sekerlik sterf,deur my familie omring,na ’n lang en goeie lewe.

19. Want ek is soos ’n boomwat by waters staan, en wat elke môre met dou verfris word.

20. Ek ontvang gedurig eerbewyse, en my krag word elke dag vernuwe.’

21. “Elkeen luister na my en waardeer my raad. Hulle wag in stilte vir my om te praat.

22. Wanneer ek gepraat het, kon hulle niks byvoeg nie, want hulle was tevrede met my raad.

23. Hulle het gewag vir my om te praat, soos ’n mens wag op reën.My woorde was vir hulle soos ’n fris lentereën.

24. Wanneer hulle moedeloos was, het ek hulle met ’n glimlag bemoedig. Wanneer ek met goedkeuring na hulle kyk,was dit vir hulle kosbaar.

25. Ek was soos hulle leierwat hulle op die regte pad lei. Ek was soos ’n koning tussen sy manskappe,en soos iemand wat die treurendes vertroos.”

Lees volledige hoofstuk Job 29