Ou Testament

Nuwe Testament

Job 29:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Job het die gesprek voortgesit:

2. “Ek verlang na die ou jare,na die tyd toe God vir my gesorg het,

3. toe Hy die pad voor my oë verlig hetsodat ek veilig in die donkerte kon loop.

4. In my vroegste jare was God ’n vriend in my huis.

5. Die Almagtige was nog by myen my kinders was om my.

6. In daardie dae het my koeie oorvloedig melk gegee en daar het strome olie uit my olyfboorde gevloei.

7. “Ek het na die stadspoort toe gegaanom tussen die geëerde leiers te gaan sit.

8. Jongmense het padgegee as ek aankom.Selfs bejaardes het opgestaanuit respek vir my.

Lees volledige hoofstuk Job 29