Ou Testament

Nuwe Testament

Job 28:16-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Die waarde daarvan is meer as al die goud van Ofir, en groter as die kosbare stene van oniks of saffiere.

17. Wysheid is meer kosbaar as goud en kristal.Jy kan dit nie koop met goud-gemonteerde juwele nie.

18. Koraal en kosbare kristal kan dit nie betaal nie.Wysheid het meer waarde as pêrels.

19. Topaas uit Etiopië*kan nie daarvoor ingeruil word nie,want die waarde daarvan is meer as die suiwerste goud.

20. Maar weet mense waar om wysheid te vind? Waar kan hulle insig kry?

21. Dit is weggesteek.Geen lewende wese kan dit sien nie.Selfs die voëls in die lug kan dit nie bespeur nie.

22. Maar Verwoesting en Dood sê: ‘Ons het ’n gerug gehoor waar jy wysheid kan kry.’

23. God ken die weg daarheen,Hy alleen weet waar dit te vind is,

24. want Hy kyk oor die hele aarde en sien alles onder die ganse hemel.

25. Hy laat die winde waai en Hy bepaal hoeveel reën moet val.

26. Hy maak die wette van die reën, en berei ’n pad vir die weerlig.

27. Nadat Hy dit alles gedoen het, het Hy wysheid gesienen dit afgemeet.Hy het dit gevestig en deeglik getoets.

28. Dit is wat Hy vir die mensdom sê: ‘Om die Here te dien is ware wysheid.Om die kwaad te vermy is ware insig.’”

Lees volledige hoofstuk Job 28