Ou Testament

Nuwe Testament

Job 28:15-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Jy kan dit nie met goud koop nie, jy kan nie silwer daarvoor afweeg nie.

16. Die waarde daarvan is meer as al die goud van Ofir, en groter as die kosbare stene van oniks of saffiere.

17. Wysheid is meer kosbaar as goud en kristal.Jy kan dit nie koop met goud-gemonteerde juwele nie.

18. Koraal en kosbare kristal kan dit nie betaal nie.Wysheid het meer waarde as pêrels.

19. Topaas uit Etiopië*kan nie daarvoor ingeruil word nie,want die waarde daarvan is meer as die suiwerste goud.

20. Maar weet mense waar om wysheid te vind? Waar kan hulle insig kry?

21. Dit is weggesteek.Geen lewende wese kan dit sien nie.Selfs die voëls in die lug kan dit nie bespeur nie.

Lees volledige hoofstuk Job 28