Ou Testament

Nuwe Testament

Job 27:14-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Al hulle baie kinders sal sterf in die oorlog of doodgaan van honger.

15. Dié wat oorleef, sal deur die pes na hulle graf toe gaan.Niemand sal oor hulle treur nie, nie eens hulle vroue nie.

16. Bose mense besit dalk al die geld in die wêreld en kan berge van klere opgaar,

17. maar die regverdige sal die klere dra,en die onskuldiges sal die geld tussen hulle verdeel.

18. Die huise van bose mense is broos soos ’n spinnerak, so wankelrigsoos ’n skuiling van takke.

19. Die kwaaddoener gaan slaap in rykdom, maar sal dit nie behou nie.Hy ontwaak in armoede.

20. Angs oorweldig hullesoos ’n vloeden die storm waai hulle weg in die nag.

21. Die oostewind waai hulle ver weg, en hulle is nie meer nie.

Lees volledige hoofstuk Job 27