Ou Testament

Nuwe Testament

Job 27:10-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Kan hy hom verlustig in die Almagtige? Kan hy enige tyd na God roep?

11. “Laat ek julle iets vertel oor God se mag.Ek sal niks verswyg oor die Almagtige nie.

12. Maar dis ook nie nodig nie, want julle het alles self gesien. Tog hou julle aan om hierdie nuttelose goed vir my te sê.

13. “Dit is wat die kwaaddoeners van God gaan ontvang,dit is hulle erfdeelvan die Almagtige.

14. Al hulle baie kinders sal sterf in die oorlog of doodgaan van honger.

15. Dié wat oorleef, sal deur die pes na hulle graf toe gaan.Niemand sal oor hulle treur nie, nie eens hulle vroue nie.

16. Bose mense besit dalk al die geld in die wêreld en kan berge van klere opgaar,

17. maar die regverdige sal die klere dra,en die onskuldiges sal die geld tussen hulle verdeel.

18. Die huise van bose mense is broos soos ’n spinnerak, so wankelrigsoos ’n skuiling van takke.

19. Die kwaaddoener gaan slaap in rykdom, maar sal dit nie behou nie.Hy ontwaak in armoede.

20. Angs oorweldig hullesoos ’n vloeden die storm waai hulle weg in die nag.

21. Die oostewind waai hulle ver weg, en hulle is nie meer nie.

22. Sonder genade kom die wind op hulle af.Hulle probeer wegkom van die storm se geweld.

23. Almal is bly oor hulle ondergang en spot met hulle.”

Lees volledige hoofstuk Job 27