Ou Testament

Nuwe Testament

Job 27:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Job het die gesprek voortgesit:

2. “So seker as wat God leef, Hy wat my regte van my weggeneem het, die Almagtige wat my verbitter het,

3. solank ek leef, solank God my laat asemhaal,

4. sal ek niks verkeerds sê nie.Ek sal nie leuens vertel nie.

5. Daarom kan ek nooit erken dat julle reg is nie.Tot ek sterf,sal ek my onskuld verdedig.

6. Ek hou vol dat ek onskuldig is.My gewete is skoon solank ek leef.

7. “Mag my vyande gestraf word soos die kwaaddoeners,my teenstander soos bose mense.

Lees volledige hoofstuk Job 27