Ou Testament

Nuwe Testament

Job 27:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Job het die gesprek voortgesit:

2. “So seker as wat God leef, Hy wat my regte van my weggeneem het, die Almagtige wat my verbitter het,

3. solank ek leef, solank God my laat asemhaal,

4. sal ek niks verkeerds sê nie.Ek sal nie leuens vertel nie.

5. Daarom kan ek nooit erken dat julle reg is nie.Tot ek sterf,sal ek my onskuld verdedig.

6. Ek hou vol dat ek onskuldig is.My gewete is skoon solank ek leef.

7. “Mag my vyande gestraf word soos die kwaaddoeners,my teenstander soos bose mense.

8. Want watter hoop het die goddelose mens wanneer God hom afsnyen sy lewe wegneem?

9. Sal God luister na hom wanneer ’n ramp hom tref?

10. Kan hy hom verlustig in die Almagtige? Kan hy enige tyd na God roep?

11. “Laat ek julle iets vertel oor God se mag.Ek sal niks verswyg oor die Almagtige nie.

Lees volledige hoofstuk Job 27