Ou Testament

Nuwe Testament

Job 23:9-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Ek sien Hom nie in die noorde nie,want Hy is onsigbaar.In die suide soek ek Hom,maar ek vind Hom nie.

10. Maar Hy weet waarheen ek gaan!Wanneer Hy my toets,sal ek na vore tree suiwersoos goud uit ’n vuur.

11. Want ek het op sy paaie geblyen Hom gevolg sonder om weg te draai.

12. Ek het alles gedoen wat Hy my beveel het.Wat Hy sê, het ek in my hart bewaar.

13. En tog bly sy gedagte oor myonveranderd.Wie kan Hom teenstaan? Hy doen wat Hy wil.

14. Hy doen met my wat Hy beplan het.Hy bepaal my bestemming.

Lees volledige hoofstuk Job 23