Ou Testament

Nuwe Testament

Job 23:6-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Sou Hy in sy groot kragmet my redeneer?Nee, Hy sal sekerlik na my luister.

7. Opregte mense kan by Hom pleit en ek sal vir altyd deur my Regter vrygespreek word.

8. “Maar soek ek in die ooste, kry ek Hom nie.In die weste kan ek Hom ook nie vind nie.

9. Ek sien Hom nie in die noorde nie,want Hy is onsigbaar.In die suide soek ek Hom,maar ek vind Hom nie.

10. Maar Hy weet waarheen ek gaan!Wanneer Hy my toets,sal ek na vore tree suiwersoos goud uit ’n vuur.

11. Want ek het op sy paaie geblyen Hom gevolg sonder om weg te draai.

12. Ek het alles gedoen wat Hy my beveel het.Wat Hy sê, het ek in my hart bewaar.

13. En tog bly sy gedagte oor myonveranderd.Wie kan Hom teenstaan? Hy doen wat Hy wil.

14. Hy doen met my wat Hy beplan het.Hy bepaal my bestemming.

15. G’n wonder ek is so verskrik voor Hom nie!As ek daaraan dink, is ek bevrees vir Hom.

16. God het my moed gebreek.Die Almagtige het my verskrik.

Lees volledige hoofstuk Job 23