Ou Testament

Nuwe Testament

Job 23:12-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Ek het alles gedoen wat Hy my beveel het.Wat Hy sê, het ek in my hart bewaar.

13. En tog bly sy gedagte oor myonveranderd.Wie kan Hom teenstaan? Hy doen wat Hy wil.

14. Hy doen met my wat Hy beplan het.Hy bepaal my bestemming.

15. G’n wonder ek is so verskrik voor Hom nie!As ek daaraan dink, is ek bevrees vir Hom.

16. God het my moed gebreek.Die Almagtige het my verskrik.

17. Donkerheid is rondom my.Tog bly ek nie stil nie al het die duisternis my oorval.”

Lees volledige hoofstuk Job 23