Ou Testament

Nuwe Testament

Job 21:15-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Wie is die Almagtige dat ons Hom sou gehoorsaam? Watter nut is daarin om tot Hom te bid?’

16. Maar hulle voorspoed hang nie af van hulleself nie.Daarom kan ek nie saamstemmet hoe hulle dink oor die lewe nie.

17. “Die lewenslig van die goddeloseword egter nooit gedoof nie.Hulle kry selde swaar. As God oordeel uitdeel, gaan Hy by hulle verby.

18. Die wind jaag hulle nie soos strooi rond nie.En die stormwind doen niks aan hulle nie.

Lees volledige hoofstuk Job 21