Ou Testament

Nuwe Testament

Job 20:7-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. tog vergaan hy vir altyd, weggegooi soos sy eie uitwerpsel.Dié wat hom geken het, sal vra: ‘Waar is hy?’

8. Hy sal vervaag soos ’n droom.Jy kan hom nêrens kry nie.Hy verdwyn soos ’n visioen in die nag.

9. Die wat hom eens op ’n tyd gesien het,sal hom nooit weer sien nie.Sy plek sal hom nie meer ken nie.

10. Sy kinders bedel by die armes,want hy sal self sy rykdom teruggee.

11. Hy is nog maar ’n jong man, maar sy beendere lê in die stof.

12. “Hulle het dit geniet om slegte dinge te doen.Dit was vir hulle so lekker soos soetigheid op die tong.

13. Hulle het dit geproe,en draai dit om en om in hulle mond.

14. Maar die soetigheid sal skielik suur word,soos die gif van ’n slang in hulle maag.

15. Die rykdom wat hy verorber het,sal hy alles uitbraak. God sal hom dit nie laat behou nie.

16. Hy drink die gif van slange. ’n Adder sal hom doodmaak.

17. Hy sal nooit weer die oorvloedvan olyfolie, die riviere van melk en heuning kan geniet nie.

Lees volledige hoofstuk Job 20