Ou Testament

Nuwe Testament

Job 20:1-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Sofar die Naämatiet het Job geantwoord:

2. “Ek kan nie anders,ek moet antwoord, want ek is baie ontsteld.

3. Ek luister nou al lank na jou beledigings! Nou moet ek jou antwoord.

4. “Jy moet besef dat dit nog altyd sowas: Vandat die mens op aarde is,

5. was die gejuigvan die kwaaddoener van korte duur en die vreugde van die goddelose net tydelik.

6. Al reik die trots van ’n goddelosetot in die hemelen al is sy kop in die wolke,

7. tog vergaan hy vir altyd, weggegooi soos sy eie uitwerpsel.Dié wat hom geken het, sal vra: ‘Waar is hy?’

8. Hy sal vervaag soos ’n droom.Jy kan hom nêrens kry nie.Hy verdwyn soos ’n visioen in die nag.

9. Die wat hom eens op ’n tyd gesien het,sal hom nooit weer sien nie.Sy plek sal hom nie meer ken nie.

10. Sy kinders bedel by die armes,want hy sal self sy rykdom teruggee.

11. Hy is nog maar ’n jong man, maar sy beendere lê in die stof.

12. “Hulle het dit geniet om slegte dinge te doen.Dit was vir hulle so lekker soos soetigheid op die tong.

13. Hulle het dit geproe,en draai dit om en om in hulle mond.

14. Maar die soetigheid sal skielik suur word,soos die gif van ’n slang in hulle maag.

15. Die rykdom wat hy verorber het,sal hy alles uitbraak. God sal hom dit nie laat behou nie.

16. Hy drink die gif van slange. ’n Adder sal hom doodmaak.

17. Hy sal nooit weer die oorvloedvan olyfolie, die riviere van melk en heuning kan geniet nie.

18. Sy harde werk word nie beloon nie. Sy rykdom bring homgeen vreugde nie.

Lees volledige hoofstuk Job 20