Ou Testament

Nuwe Testament

Job 18:8-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Hulle sal val in ’n vangnet voor hulle voete,hulle sal vasval in ’n net.

9. Hulle struikel oor ’n strik. ’n Strop trek vas om hulle.

10. ’n Vangtou lê begrawe in die grond op hulle pad.’n Tou lê opgerol in hulle pad.

11. Gevaar omring die kwaaddoeneren elke tree is gevaarlik.

12. Honger maak hulle swak.Rampe wag vir hulle.

13. Siekte vreet aan sy vel.Die ergste dood verorber sy bene.

14. Hulle word weggesleep uit ’n veilige huisen hulle buig voor die koning van verskrikking.

15. Die huis van die kwaaddoeners sal verbrand word,en oor alles wat hulle het, sal swael gestrooi word.

16. Hulle wortels verdroog en hulle blare verwelk.

17. Alles wat herinner aan hulle bestaan,sal verdwyn van die aarde.Niemand sal hulle name onthou nie.

Lees volledige hoofstuk Job 18