Ou Testament

Nuwe Testament

Job 18:12-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Honger maak hulle swak.Rampe wag vir hulle.

13. Siekte vreet aan sy vel.Die ergste dood verorber sy bene.

14. Hulle word weggesleep uit ’n veilige huisen hulle buig voor die koning van verskrikking.

15. Die huis van die kwaaddoeners sal verbrand word,en oor alles wat hulle het, sal swael gestrooi word.

16. Hulle wortels verdroog en hulle blare verwelk.

17. Alles wat herinner aan hulle bestaan,sal verdwyn van die aarde.Niemand sal hulle name onthou nie.

18. Hulle sal uit die lig in die duisternis gegooi word,uitgedryf uit die wêreld.

19. Geen kind of kleinkind,of enige naasbestaande, sal in hulle land oorleef nie.

20. In die weste is mense geskok oor hulle lot. In die ooste is almal met afgryse gevul.

Lees volledige hoofstuk Job 18