Ou Testament

Nuwe Testament

Job 17:9-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Die regverdiges se padloop reguit vooruit,dié met ’n opregte handsal sterker en sterker word.

10. “Kom probeer julle nou maar weer!Ek kon nie ’n enkele mens met insig onder julle kry nie.

11. My dae is verby.My planne het verdwyn.My hartsbegeertes is gebreek.

12. Hierdie mense maak van die nag dag, hulle sê in die donker dat die lig naby is.

13. Eintlik wil ek maar net sterf.Ek wil in die nag van die graf gaan rus.

14. Die graf is my pa,en die wurm my ma en my suster.

15. Maar waar is my hoop dan?Kan iemand dit vind?

16. Nee, my hoop gaan saam met myna die graf.Saam sal ons rus in die stof.”

Lees volledige hoofstuk Job 17