Ou Testament

Nuwe Testament

Job 17:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. My oë is dof gehuil,en ek is net maar ’n skadu van my ou self.

8. Die opregtes is geskok as hulle my sien. Die onskuldiges kom in opstand teen die goddelose mense.

9. Die regverdiges se padloop reguit vooruit,dié met ’n opregte handsal sterker en sterker word.

10. “Kom probeer julle nou maar weer!Ek kon nie ’n enkele mens met insig onder julle kry nie.

11. My dae is verby.My planne het verdwyn.My hartsbegeertes is gebreek.

12. Hierdie mense maak van die nag dag, hulle sê in die donker dat die lig naby is.

Lees volledige hoofstuk Job 17