Ou Testament

Nuwe Testament

Job 16:2-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. “Ek het dit alles al vantevore gehoor!Wat ’n hopelose klomp troosters is julle nie!

3. Gaan julle nooit ophou met julle dwase gepraat nie?Wat dryf julledat julle so eindeloos aanhou praat?

4. Ek sou dieselfde as julle kon sê as julle in my plek was.Ek kon ook my kritiek oor julle giet en my kop vir julle skud.

5. Nee, dis nie wat ek sou doen nie.Ek sou eerder iets sê wat julle kon bemoedig.Ek sou probeer om julle hartseer te verlig.

6. “Maar soos dit nou is, bly my pyn,hoe ek ook al myselfprobeer verdedig.Dit help ook nie as ek weier om te praat nie.

7. O God, U het my gedaan gemaak.U het my hele familie uitgeroei.

8. U het my krag verminderas bewys van my sonde.U het my vel en been gemaaken dit getuig teen my.

9. God val my aan.Hy vernietig my liggaam.Hy kners sy tande teen myen deurboor my met sy oë.

10. Mense spot en lag vir my. Hulle klap my in my gesig. ’n Gespuis versamel teen my.

11. God het my oorgegeeaan sondaars.Hy het my gegooiin die handevan kwaaddoeners.

12. Ek het rustig geleef,maar toe breek Hy my lewein stukke.Hy het my aan die nek gegrypen my aan stukke geslaan.Ek het sy teiken geword.

Lees volledige hoofstuk Job 16