Ou Testament

Nuwe Testament

Job 16:16-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. My oë is bloedrooi gehuil.Daar is swart kringe onder my oë.

17. En tog is ek al die tyd onskuldig.My gebed is opreg.

18. “Moenie my bloed verberg nie, o aarde.Laat dit ter wille van myuitskreeu!

19. Selfs nou is my getuie in die hemel. My verdediger is daarbo.

20. My vriende verag my, maar ek stort my trane uit voor God.

21. O, dat iemand ’n middelaar sal wees tussen my en God, soos iemand pleit vir sy vriend.

22. “Want baie min jare wag vir my.Daarna gaan ek op die pad na die plek van waar ek nie sal terugkeer nie.”

Lees volledige hoofstuk Job 16