Ou Testament

Nuwe Testament

Job 16:12-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Ek het rustig geleef,maar toe breek Hy my lewein stukke.Hy het my aan die nek gegrypen my aan stukke geslaan.Ek het sy teiken geword.

13. Sy boogskutters omring my en sy pyle deurboor my sonder genade. Die grond is deurweek met my bloed.

14. Weer en weer slaan Hy my.Hy storm af op my soos ’n soldaat op sy prooi.

15. “Hier sit ek nou in sak en as.Ek het oorgegeeen sit in die stof.

16. My oë is bloedrooi gehuil.Daar is swart kringe onder my oë.

17. En tog is ek al die tyd onskuldig.My gebed is opreg.

18. “Moenie my bloed verberg nie, o aarde.Laat dit ter wille van myuitskreeu!

19. Selfs nou is my getuie in die hemel. My verdediger is daarbo.

20. My vriende verag my, maar ek stort my trane uit voor God.

21. O, dat iemand ’n middelaar sal wees tussen my en God, soos iemand pleit vir sy vriend.

Lees volledige hoofstuk Job 16