Ou Testament

Nuwe Testament

Job 15:8-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Is jy lid van God se geheime raad?Behoort wysheid aan jou alleen?

9. Wat weet jy wat ons nie weet nie? Wat snap jy wat ons nie ook verstaan nie?

10. Tussen ons is daar ou manne met grys koppe.Party van ons is ouer as jou pa.

11. Beteken dit vir jou so min dat God jou bemoedig?Is sy sagte woord nie genoeg nie?

12. Wat het jou verstandgevange geneem? Wat het jou uitsig verdof,

13. dat jy teen God draai met al hierdie bose dinge wat jy sê?

14. “Kan ’n sterfling suiwer wees,iemand wat uit ’n vrou gebore is, regverdig?

15. My wêreld! God vertrou nie eens die engele nie! Selfs die hemelkan nie suiwer wees in sy oë nie.

16. Hoeveel minder suiwer is ’n korrupte mens vol sonde met ’n dors na boosheid?

17. “As jy maar net na my wil luister,sal ek jou leer.Ek wil jou uit my ervaring iets vertel.

18. Wat ek beleef het, was ook die ervaring van alle ander wyse mense. Ook hulle het hiervan gehoor by hulle voorvaders.

19. Dit kom al uit die tyd toe die landaan hulle gegee is,nog voor daar vreemdelinge tussen hulle gebly het:

20. Bose menseis lewenslank in pyn.Jare se moeite word gebêre vir die gewetenloses.

Lees volledige hoofstuk Job 15