Ou Testament

Nuwe Testament

Job 15:22-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. Hulle waag dit nie in die donker nie. Hulle is bang om vermoor te word.

23. Hulle dwaal rond vir brood en sê: ‘Waar is dit?’Hulle weet die dag van hulle ondergang is naby.

24. Daardie donker dag verskrik hulle,dit oorweldig hullesoos ’n koning wat regmaak vir ’n aanval.

25. Want hulle vuiste is teen God gebalom die Almagtige uit te daag.

26. Agter hulle sterk skilde storm hulle uitdagend afop Hom.

27. “Hierdie bose mense is vet en ryk. Hulle lewe in oorvloed.

28. Maar hulle woon in stede wat verwoes sal word.Hulle sal in verlate huise bly wat wil inmekaarval.

29. Hulle sal nie veel langer ryk wees nie.Hulle geld sal opraaksodat hulle nie meer oral in die land besittings sal hê nie.

30. Hulle sal die donkerte nie kan ontsnap nie.Vuur sal hulle verteer en die asem van God sal hulle vernietig.

31. Laat hulle nie langer op hulle skatte vertrou nie.Hulle bedrieg hulleself,want ydelheid is hulle beloning.

32. Hulle sal sterfin die fleur van hulle lewe,en hulle sal wees soos ’n takwat nooit weer groen sal word nie.

33. Hulle is soos druiwestokke wat hulle trosse afgooi voor dit ryp is,soos ’n olyfboom wat sy bloeisels afgooivoor dit vrugte kan vorm.

34. Die goddelose lewe is vrugteloos.Hulle huise, opgerig deur omkopery, sal deur vuur verteer word.

35. Hulle bedink moeilikheid en kwaad.Hulle harte bring bedrog voort.”

Lees volledige hoofstuk Job 15