Ou Testament

Nuwe Testament

Job 15:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Elifas die Temaniet het geantwoord:

2. “Jy is mos ’n wyse man en tog praat jy betekenislose woorde. Jy is soos ’n sak vol wind!

3. Dis verkeerd om so dwaas te praat. Sulke woorde bereik niks nie.

4. Vrees jy God nie?Het jy geen ontsag vir Hom nie?

5. Jou sondige gedagtes vertel jou mond wat om te sê. Jou woorde is misleidend.

6. Maar hoekom sou ek jou veroordeel?Jou eie mond doen dit!Jou lippe getuig klaar dat jy skuldig is.

7. “Is jy die eerste mens wat op aarde gebore is? Is jy gebore voor die berge gemaak is?

8. Is jy lid van God se geheime raad?Behoort wysheid aan jou alleen?

9. Wat weet jy wat ons nie weet nie? Wat snap jy wat ons nie ook verstaan nie?

10. Tussen ons is daar ou manne met grys koppe.Party van ons is ouer as jou pa.

11. Beteken dit vir jou so min dat God jou bemoedig?Is sy sagte woord nie genoeg nie?

Lees volledige hoofstuk Job 15