Ou Testament

Nuwe Testament

Job 14:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Hoe broos is die mens!Hoe kort is sy lewe! Hoe vol moeite!

2. Soos ’n blom bloei dit vir ’n oomblik en verwelk.Soos die skadu van ’n drywende wolk,so verdwyn dit.

3. Moet U so ’n brose wese in die oog hou en verantwoording van my eis?

4. Wie kan reinheid skep in iemandwat onrein gebore is?Niemand nie!

5. U het besluit oor die lengte van ons lewe. U bepaal hoeveel maande ons sal leef,en nie ’n minuut langer nie.

6. Gee ons tog net ’n bietjie rus.Kyk tog weg van ons, want ons is soos gehuurdes wat ’n taak moet afhandel.

7. “Selfs ’n boom het hoop.As dit afgekap is, sal dit weer groei en nuwe takke uitspruit.

8. Al was sy wortels al oud op die gronden die stam dood in die stof,

9. met die geur van waterkan dit weer bloeien lote laat uitspruit soos ’n jong boom.

Lees volledige hoofstuk Job 14