Ou Testament

Nuwe Testament

Job 13:19-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Wie kan hieroor met my stry? As iemand my verkeerdbewys,sal ek swyg en sterf.

20. O God! Daar is twee dinge wat ek van U wil smeek,dan sal ek voor U kan staan.

21. Vat net u hand weg van my en moet my nie verskrik met u ontsagwekkende teenwoordigheid nie.

22. Ontbied my nou, en ek sal antwoord!Of laat my eerste praat sodat U kan antwoord.

23. Sê vir my wat ek verkeerd gedoen het.Wys my my opstand en my sonde.

24. Waarom draai U weg van my?Waarom beskou U my as u vyand?

25. Sou U ’n windverwaaide blaar skrik maak, of jaag agter ’n grasstoppel aan?

26. U het bittere aanklagte teen my gelê.U skryf al die sondes op vanaf my jeug.

27. U sit my voete in ’n blok.U let op al my paaie en volg al my spore.

28. “Ek droog weg soos hout wat verrot, soos ’n motgevrete kleed.”

Lees volledige hoofstuk Job 13