Ou Testament

Nuwe Testament

Job 13:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “My oë het dit alles gesien,en my ore het gehooren het dit verstaan.

2. Ek weet net soveel as julle.Julle is niks beter as ek nie.

3. Hoe wens ek dat ek reguit met die Almagtige kon praat!Ek wil my saak self aan God gaan stel.

4. Julle beswadder my met leuens.Julle is niks anders as kwaksalwers nie!

5. Bly liewer stil!Dis die slimste ding wat julle kan doen!

6. Luister na my klag.Gee aandag aan my betoog.

7. Verdedig julle God met leuens en gebruik julle oneerlike argumenteom sy ontwil?

8. Is julle partydig vir Hom?Wil julle God se saak verdedig?

9. Wees versigtig dat Hy nie uitvind wat julle doen nie!Dink julle dat julle Hom kan bedrieg soos ’n mens?

10. Nee, julle sal by Hom in die moeilikheid wees as Hy uitvind dat julle in hierdie hofsaak kant kies.

11. Vervul sy verhewe mag julle nie met skrik nie? Word julle nie aangegryp deur vrees vir Hom nie?

12. Die waarde van julle stellings is soos as.Julle verdedigingis so broos soos ’n kleipot!

Lees volledige hoofstuk Job 13