Ou Testament

Nuwe Testament

Job 12:4-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. “Tog lag my vriende vir my!Ek is iemand wat roep tot God en Hy antwoord my.Ek is regverdig en onskuldig, maar hulle lag vir my!

5. Mense wat in gemak lewe, spot met dié wat moeilikheid het. Hulle stamp ’n mens wat alreeds struikel.

6. Maar selfs rowers word in vrede gelaat.Dié wat God tart,leef in veiligheid,hulle vir wie God in sy mag het.

7. “Vra die diere!Hulle sal julle leer.Vra vir die voëls in die lug!Hulle sal vir julle sê.

8. Praat met die aarde.Dit sal julle onderrig.Laat die visse van die see met julle praat.

9. Hulle weet almal die Here het dit gedoen.

10. Want die lewe van elke lewende ding is in sy hand,en die asem van die ganse mensheid.

11. Net soos die mond goeie kos proe,so toets die oordie woorde wat dit hoor.

12. Wysheid behoort aan die oues van dae, insig by dié wat baie jare geleef het.

13. “Maar ware wysheid en mag is by God.Raad en insig is Syne.

14. Wat Hy vernietig, kan nie herbou word nie.As Hy op jou toeslaan, is daar geen ontsnapping nie.

15. As Hy die reën terughou, word die aarde ’n woestyn.As Hy die waters loslaat, verspoel die hele wêreld.

16. Ja, krag en wysheidbehoort aan Hom.Die bedrieër en dié wat bedrieg word, is albei in sy mag.

17. Hy lei raadgewers wegen stroop hulle van goeie oordeel.Hy dryf regters tot waansin.

18. Hy verwyder die klere van konings. Hulle word as slawe weggelei.

19. Hy stroop priesters van hulle status en onttroon die magtiges.

20. Die vertroude raadgewermaak Hy stil,en die insig van die leiers neem Hy weg.

21. Hy stort skande uit oor prinse,en buit wapens van sterkes.

Lees volledige hoofstuk Job 12