Ou Testament

Nuwe Testament

Job 12:3-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Wel, ek weet ook ’n paar dinge. Julle weet niks meer as ek nie. Wie weet nie hierdie dinge wat julle nou kwytraak nie?

4. “Tog lag my vriende vir my!Ek is iemand wat roep tot God en Hy antwoord my.Ek is regverdig en onskuldig, maar hulle lag vir my!

5. Mense wat in gemak lewe, spot met dié wat moeilikheid het. Hulle stamp ’n mens wat alreeds struikel.

6. Maar selfs rowers word in vrede gelaat.Dié wat God tart,leef in veiligheid,hulle vir wie God in sy mag het.

7. “Vra die diere!Hulle sal julle leer.Vra vir die voëls in die lug!Hulle sal vir julle sê.

8. Praat met die aarde.Dit sal julle onderrig.Laat die visse van die see met julle praat.

9. Hulle weet almal die Here het dit gedoen.

10. Want die lewe van elke lewende ding is in sy hand,en die asem van die ganse mensheid.

11. Net soos die mond goeie kos proe,so toets die oordie woorde wat dit hoor.

Lees volledige hoofstuk Job 12