Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 9:14-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Die leiers van Israel is die kop, en die profete wat lieg, is die stert.

15. Want die leiers van die volk het hulle op die verkeerde pad, na verwoesting, gelei.

16. Daarom is die Here nie bly oor die jong manne nie, en het Hy geen genade selfs vir die weeskinders en weduwees nie. Want hulle is almal voor die voet goddeloos en boos en hulle lieg. Maar selfs dan sal die Here se woede nie afgekoel wees nie. Sy vuis is nog reg om te slaan.

17. Hulle boosheid is soos ’n veldbrand. Die vuur verbrand nie net die dorings en dissels nie, maar ook die woude. Die brand veroorsaak groot wolke rook.

18. Die land is swart gebrand deur die woede van die Here, die Almagtige. Die volk is die vuurmaakhout, en niemand gee om vir ander mense nie.

19. Hulle steel links en regs, maar bly honger. Op die ou end eet hulle selfs hulle eie kinders.

20. Manasse sal op Efraim teer, en Efraim op Manasse. En saam sal hulle Juda verteer. Maar selfs dan sal die Here se woede nie afgekoel wees nie. Sy vuis is nog reg om te slaan.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 9