Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 8:6-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. “Die volk van Juda het Siloag se kalm waters verwerp en bly geword oor wat met koning Resin en koning Peka gaan gebeur.

7. Daarom sal die Here húlle oorweldig met ’n magtige vloed, die Eufraatrivier – die koning van Assirië in al sy glorie. Die rivier gaan oor sy oewers stoot, oor al sy walle spoel.

8. Die vloed sal jou land oorspoel, van die een kant totdie ander kant toe, Immanuel.

9. “Die Assiriërs sal roep:‘Doen julle bes om julleself te verdedig, maar julle sal verpletter word. Luister, al julle nasies! Maak reg vir die geveg – om doodgemaak te word! Ja, om doodgemaak te word!

10. Roep maar julle adviseursbymekaar om strategieë vir die geveg vir julle te beplan! Maak maar planne! Dit sal nie help nie. Want God is met ons!’”

11. Die Here het in die sterkste terme vir my verduidelik: “Moenie dink soos al die ander dink nie!

12. Moenie alles wat die volk ’n sameswering noem as ’n sameswering beskou nie en moenie bang wees waarvoor die volk bang is nie.

13. Moenie vir enigiets of enigiemand bang wees nie, behalwe vir die Here, die Almagtige. Hy alleen is die Heilige Een. As julle Hom vrees, hoef julle vir niemand anders bang te wees nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 8