Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 8:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het weer met my gepraat: “Maak ’n groot bord en skryf duidelik hierdie naam daarop: Maher-Shalal-Hash-bas, wat Plunder en roof is naby beteken.

2. Ek het Urija die priester en Sagaria seun van Jeberekja gevra om te bevestig wat ek geskryf het. Hulle was albei betroubare mense.

3. Hierna het ek by my vrou wat ook ’n profeet was, geslaap en sy het verwagtend geword. Sy het geboorte gegee aan ’n seun. Die Here het gesê: “Noem hom: Plunder-en-Roof-is-Naby.

4. Hierdie naam profeteer dat nog voor die kind oud genoeg sal wees om ‘Pappa’ of ‘Mamma’ te sê, die koning van Assirië Damaskus en Samaria sal binneval en al hulle besittings sal wegdra.”

5. Die Here het weer met my gepraat en gesê:

6. “Die volk van Juda het Siloag se kalm waters verwerp en bly geword oor wat met koning Resin en koning Peka gaan gebeur.

7. Daarom sal die Here húlle oorweldig met ’n magtige vloed, die Eufraatrivier – die koning van Assirië in al sy glorie. Die rivier gaan oor sy oewers stoot, oor al sy walle spoel.

8. Die vloed sal jou land oorspoel, van die een kant totdie ander kant toe, Immanuel.

9. “Die Assiriërs sal roep:‘Doen julle bes om julleself te verdedig, maar julle sal verpletter word. Luister, al julle nasies! Maak reg vir die geveg – om doodgemaak te word! Ja, om doodgemaak te word!

10. Roep maar julle adviseursbymekaar om strategieë vir die geveg vir julle te beplan! Maak maar planne! Dit sal nie help nie. Want God is met ons!’”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 8