Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 7:18-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Daardie dag sal die Here fluit vir die vlieë wat by die verste riviere van Egipte is, en vir bye in Assirië.

19. Hulle kom in groot hordes en gaan die hele land tref. Hulle sal in die diep valleie, gate in die rotse, al die doringbosse en weivelde gaan sit.

20. Daardie dag sal die Here hierdie skeermes gebruik, die Assiriërs wat julle gehuur het om julle te beskerm. En Hy sal alles afskeer: die hare op julle kop, julle beenhare en julle baarde.

21. Hierna sal ’n boer gelukkig wees as hy ’n jong koei en twee skape oorhet.

22. Die min mense in die land sal van dikmelk en wilde heuning leef omdat dit al is wat die land produseer.

23. Daardie dag sal duisend wingerdstokke, wat omtrent 11,4 kilogram silwer werd is, vol dorings en dissels staan.

24. Die hele land sal vol dorings en dissels staan. ’n Mens sal ’n pyl en boog moet saamvat as jy soontoe wil gaan.

25. Niemand sal na die vrugbare heuwels gaan waar die landerye was nie omdat dit met dorings en dissels oortrek sal wees. Beeste en skape sal daar wei.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 7