Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 66:8-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Wie het al ooit so iets gehoor? Wie het al ooit so iets gesien? Word ’n land in een oomblik gebore?Word ’n nasie in een dag voortgebring? Maar Jerusalem het skaarsgeboortepyne gekryof haar babas is reeds gebore.

9. Bring Ek hierdie nasie tot by die punt van geboorte en laat nie ’n geboorte plaasvind nie? Dit is wat die Here vra. Sou Ek ’n geboorte laat geskieden niks word gebore nie?sê jou God.

10. “Juig saam met Jerusalem!Wees bly saam met haar, julle wat haar liefhet. Wees bly saam met haar, julle wat oor haar gehuil het.

11. By haar sal julle gevoed word totdat julle genoeg het.Julle sal haar oorvloed geniet.”

12. Want dis wat die Here sê:“Ek sal haar vrede maak soos ’n rivier.Die skatte van die nasies sal na haar toe stroom.Haar kinders sal aan haar drink.Sy sal hulle in haar arms dra en hulle op haar skoot vertroetel.

13. Soos ’n moeder haar kind troos,so troos Ek julle.Julle sal veilig wees in Jerusalem.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 66