Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 66:16-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Met vuur en sy swaardkom die Here om al wat leef te straf.Baie sal sterf weens die Herese woede.

17. “Hulle wat hulleself wy en reinig om die tuin binne te gaan,wat varkvleis en muise en afskuwelike dinge eet,sal saamtot ’n verskriklike einde kom,” sê die Here.

18. “Ek weet wat hulle doenen wat hulle dink.Daarom maak Ek al die nasies en volke bymekaar. Hulle sal kom en my heerlikheid sien.

19. “Ek sal ’n teken onder hulle oprigen Ek stuur almal wat die oordeel oorleef hetuit na ander nasies toe,na Tarsis, na Pul, na Ludmet sy bedrewe boogskutters, na Tubal, na Griekeland, en al die ver eilande,na almal wat nog nie van My en my heerlikheid gehoor het nie.Hulle sal vir al die nasies van my heerlikheid vertel.

20. Hulle sal die oorblyfsel van jou volk terugbring uit al die nasiesna my heilige bergas ’n offer vir die Here. Hulle sal ry op perde en waens, op drastoele, muile en kamele. Net soos Israel voorheen gedoen het, sal hulle graanoffers in rein skottels na die huis van die Here bring,” sê die Here.

21. “Ek sal sommige van hulle wat terugkom,aanstel as priesters en Leviete. Ek, die Here, sê so.

22. “Soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek gaan maak,sal bly bestaan,”sê die Here,“so sal julle as my volk bly bestaan.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 66