Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 64:7-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Niemand roep na U om hulp nie,niemand soeksy sterkte in U nie.U het u gesig vir ons verberg,U laat ons vergaan onder die las van ons sondes.

8. Tog, Here, is U ons Vader.Ons is soos klei en U is die Pottebakker.Deur u hand is ons almal gevorm.

9. Here, moet tog nie kwaad weesvir ons nie.Moenie ons sondes vir altyd teen ons hou nie. Ons bid tot U: Sien ons tog raak.Ons almal is tog u volk!

10. U heilige stadhet ’n woestyn geword.Sion is ’n woesteny,Jerusalem issoos ’n verlate woestyn.

11. Ons heilige en glorieryketempel waar ons voorouers U aanbid het, is afgebrand.Alles wat vir ons kosbaar was, is vernietig.

12. Raak die dinge U dan nie, Here?Gaan U doodstil bly?Sal U aanhou om ons te laat ly, ons te kasty bo ons vermoëns?

Lees volledige hoofstuk Jesaja 64