Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 64:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. As U maar die hemel wou laat oopskeur en afkom!Hoe sal die berge nie bewe in u teenwoordigheid nie!

2. Kom soos ’n vuur wat hout laat brand en water laat kook, kom tog en maak Uself bekendaan u vyande.Dan sal die nasies voor U bewe!

3. Toe U lank gelede afgekom het,het U ontsagwekkende dingegedoen, wat ons nie verwag het nie,en die berge het voor U gebewe.

4. Vandat die wêreld gemaak is, het geen oor gehoor of oog ’n God gesiensoos U,wat doen wat U doenvir dié wat op U vertrou nie.

5. U help mense wat met blydskap doen wat U beveel,wat u weë onthou.Maar ons het aangehou om verkeerd te doen.U was kwaad vir ons.Hoe kan ons ooit gered word?

6. Voor U het ons almal gewordsoos iemand wat onrein is.Ons beste dade is soos vuil klere,soos verskrompelde blare.Deur ons sondes waai die wind ons weg.

7. Niemand roep na U om hulp nie,niemand soeksy sterkte in U nie.U het u gesig vir ons verberg,U laat ons vergaan onder die las van ons sondes.

8. Tog, Here, is U ons Vader.Ons is soos klei en U is die Pottebakker.Deur u hand is ons almal gevorm.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 64