Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 61:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Geesvan die oppermagtige Herehet op my gekom. Die Here het my gesalf om goeie nuus te bring vir arm mense.Hy het my gestuur om dié wat hartseer is, te troos, om vir die gevangenes vryheid aan te kondig, en vrylating vir dié in die tronk;

2. om die genadejaar van die Here aan te kondig,die dag van afrekening vir ons God.Maar almal wat treur, troos Hy,

3. die dag wanneer Hy vir dié wat in Sion treur,eer gee in plaas van smart,vreugde in plaas van droefheid,blydskap in plaas van hartseer.Die Here het hulle geplantsoos sterk en groot eikeom sy roem te vermeerder.

4. Hulle sal die verlate stede herbou,en die plekke weer opbou wat lank gelede verwoes is.Hulle sal die verwoeste stede herstel,plekke wat vir geslagte lank verlate gelê het.

5. Buitelanders sal julle kleinvee laat wei, vreemdelinge sal julle landeryeen julle wingerde bewerk.

6. Julle sal genoem word: die priesters van die Here, die bedienaars van ons God. Julle sal die skatte van die nasies geniet,en spog met hulle rykdom.

7. In plaas van vernederingen minagtingsal my volk’n dubbele deel ontvangvan voorspoed en ewige vreugde.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 61