Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 60:6-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Troppe kamele kom na jou toe, jong kamele uit Midian en Efa. Almal wat uit Skeba kom,bring goud en wierook om daarmee die lof van die Here te besing.

7. Die kleinvee van Kedar word vir jou gegee.Die ramme van Nebajot is tot jou beskikking.Hulle sal aanvaarbaar weesvir offers op my altare.Ek sal my heerlike tempel nog verder verheerlik.

8. “Wat sien Ek aangesweef kom soos wolke, soos duiwe na hulle neste toe?

9. Die eilande sien op na My, die skepe van Tarsis is heel voorom jou kinders van ver af te bring,saam met hulle skatte,tot eer van die Here jou God, die Heilige van Israel,want Hy het jou laat skittermet sy glans.

10. “Vreemdes sal jou stedeherbou,hulle konings sal tot jou diens wees. Ek het jou in woede gestraf,maar in my genade sal Ek My oor jou ontferm.

11. Jou stadshekke sal heeldag en heelnag oop wees,sodat die rykdom van die nasies na jou gebring kan worden die konings in ’n triomftog die stad binnegelei sal word.

12. Die nasie of koninkryk wat jou nie dien nie, sal verdwyn en vernietig word.

13. “Die pragtige bome van die Libanon sal na julle toe kom, die woude vol sipresse, platane en denne.Dit sal gebruik word om my heiligdom te versier.My tempel sal heerlik wees.

14. Die kinders van jou verdrukkers sal voor jou kom buig.Almal wat op jou neergesien het, sal jou voete kom soen.Hulle sal jou noem:die Stad van die Here,Sion van die Heilige van Israel.

15. “Waar jy voorheen verstoot is,gehaat en deur almal vermy, gee Ek jou nou blywende roem,en maak Ek jou ’n vreugde, geslag na geslag.

16. Jy sal die melk van nasies drink, aan ’n koninklike bors drink.Dan sal jy weet dat Ek, die Here, jou Redder en Verlosser, die Magtige van Jakob is.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 60