Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 60:15-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. “Waar jy voorheen verstoot is,gehaat en deur almal vermy, gee Ek jou nou blywende roem,en maak Ek jou ’n vreugde, geslag na geslag.

16. Jy sal die melk van nasies drink, aan ’n koninklike bors drink.Dan sal jy weet dat Ek, die Here, jou Redder en Verlosser, die Magtige van Jakob is.

17. Ek ruil jou brons vir goud, jou yster vir silwer, jou hout vir brons en jou klippe vir yster.Vrede en regverdigheid sal jou heersers wees!

18. Geweld sal verdwyn uit jou land,ja, ondergang en verwoestingvan binne jou grense.Redding sal om jou wees soos stadsmure,en almal wat die stad binnekom,sal My loof.

19. Bedags sal dit nie die son weeswat vir jou lig verskaf nie,en snags sal jy nie die maan nodig hê vir lig nie,want die Heresal vir altyd jou lig wees,en jy sal roem in jou God.

20. Jou son sal nooit weer ondergaan,of die maan afneem nie.Want die Here sal jou lig weesvir altyd.Jou dae van hartseer het op ’n einde gekom.

21. Al jou inwoners sal regverdig wees.En hulle sal die land vir altyd besit, want Ek sal hullemet my eie hande plant, om my roem te vermeerder.

22. Die kleinste onder hulle sal duisende word,die swakste ’n sterk nasie. Ek is die Here.Wanneer die tyd daarvoor kom,sal Ek dit doen.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 60