Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 60:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Staan op, Jerusalem,laat jou lig skyn sodat alle volke dit kan sien! Want die Here se heerlikheidskyn op jou.

2. Duisternis kom oor die aarde,donkerte oor al die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy teenwoordigheid.

3. Nasies sal stroom na jou lig,en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 60