Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 57:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die regverdige gaan dooden niemand neem dit ter harte nie.Die getroues kom omvoor hulle tyd.En niemand verstaandat regverdiges sterfom aan boosheid te ontkom nie.

2. Hulle wat opreg leef,gaan na waar daar vrede is,en vind rus in die graf.

3. “Maar kom hier, julle kinders van towenaars, julle afstammelinge van egbrekers en prostitute!

4. Met wie spot julle? Vir wie lag julle en steek julle tong uit?Julle is mos kinders van sondaars, die afstammelinge van leuenaars!

5. Julle brand van wellus onder elke groen boom.Julle slag julle kinders in elke vallei, onder elke oorhangende rots.

6. Julle gode is die gladde rotse in die valleie.Vir hulle het julle drankoffersuitgegieten graanoffers aangebied.Moet ek tevrede daarmee wees?

7. Op hoë berge en heuwelshet jy ’n bed ingerig vir jou onsedelikhededeur afgode te aanbid.Jy het daarheen opgegaan om offers te bring.

8. Agter toe deure het jy jou afgodsbeelde opgestel. Jy was ontrou aan Myen het jou kaal uitgetrek. Jy het op die bed geklim,en vir hulle plek gemaak.Jy het ’n verbintenis met jou bedmaats gemaaken hulle naaktheid geniet.

9. Jy het olyfolie en parfuum as offers vir Molek gegee.Jy het boodskappers na ver plekke gestuur, selfs tot in die doderyk.

10. Jy het moeg geword van jou soektog, maar jy het nooit erken:‘Dit is sinloos!’ nie.Jy het jouself weer versterk, en dan maar net aangegaan.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 57