Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 54:10-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Want die berge kan padgee en die heuwels verdwyn.Maar my liefde vir jou sal nooit verander nie,en my verbond van vrede sal nooit gebreek word nie,” sê die Here wat Hom oor jou ontferm.

11. “Stad wat verdruk is, gestriem deur storms,vir wie daar geen troos was nie, jou mure bou Ekmet edelgesteentes,en jou fondamente van saffier.

12. Ek bou jou torings van robyne, jou poorte van juwele, en jou stadsmuur van kosbareedelstene.

13. Al jou inwoners sal by die Here leeren hulle sal altyd vrede geniet.

14. Jou heersers sal regverdig optree.Tiranne sal ver wegbly van jou,en jy het niks om te vrees nie.Terreur sal nie naby jou kom nie.

15. As iemand jou aanval, sal dit nie Ek wees wat dit bewerk het nie.Wie jou aanval, sal die onderspit delf.

16. “Ek het ’n ambagsman gemaak wat die vuur aanblaas en wapens van vernietigingdaarin maak. Net so het Ek die verwoester geskep om verwoesting te saai.

17. Maar geen wapen wat teen jou gemik word,sal iets teen jou kan uitrig nie.Elke aanklag teen jou sal jy weerlê.Dit is die erflating van die dienaars van die Here.Aan hulle laat Ek reg geskied,”verklaar die Here.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 54