Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 54:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Sing, kinderlose vrouwat nooit ’n kind voortgebring het nie.Sing hard en vrolik, juig van vreugde, al het jy nooit ’n kind gehad nie!Want die vrou wat nie kon kinders hê nie, sal nou meer kinders hê as getroude vroue,” sê die Here.

2. “Maak jou woning groter. Span jou tent wyer,en moenie huiwer nie.Maak die tentlyne langeren slaan die penne dieper in.

3. Want jy sal na links en regs uitbrei. Jou nageslag sal ander nasies oorweldig en in hulle stede gaan bly.

4. “Moenie bang wees nie.Jy sal nie weer verneder word nie.Moenie bang wees vir die skande van voorheen nie.Jy sal die skande van jou jeug vergeeten ook die vernedering toe jy ’n weduwee was.

5. “Jou Skeppersal ook jou man wees.Die Here, die Almagtige, is sy Naam. Die Heilige van Israelis jou Redder.Hy is die God van die hele wêreld!

6. Dit is die Herewat jou teruggeroep het van jou smart.Jy was soos ’n jong vrou wat deur haar man verstoot is,” sê jou God.

7. “Vir ’n kort rukkie het Ek jou verstoot,maar omdat Ek jou baie liefhet, vat Ek jou terug.

8. In ’n oomblik van woede het Ek vir ’n kort rukkie van jou weggekyk.Maar nou sal Ek jou vir altyd liefhê,” sê die Here, jou Redder.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 54