Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 52:9-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Die puinhope van Jerusalem moet sing van vreugde,want die Herehet sy volk getroos.Hy het Jerusalem verlos.

10. Die Here sal sy heilige magvoor die volke se oë vertoon.Tot aan die uithoeke van die aarde sal hulle God se redding sien.

11. Gee pad, gee pad!Trek weg uit Babel! Moenie wat onrein is, aanraak nie. Kom daar uit en sorg dat julle rein is,julle wat die tempelgereedskap van die Here dra.

12. Julle sal nie haastig padgee nie.Julle sal nie hardloop soos vlugtelinge nie.Die Here sal voor julle uittreken die God van Israel sal julle van agter beskerm.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 52