Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 52:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Word wakker, word wakker, Sion, beklee jou met krag!Trek jou mooiste klere aan, Jerusalem, heilige stad.Onbesnedenes en onrein mense sal nie meer in jou kom nie.

2. Staan op uit die stof, Jerusalem!Staan op!Maak die toue om jou nek los, Sion,jy wat ’n gevangene is.

3. So sê die Here: “Ek het niks vir julle gekrytoe ek julle verkoop het nie.En nou kan ek julle terugkoop sonder geld.”

4. So sê die oppermagtige Here: “Lank gelede het my volk as vreemdelinge in Egipte gaan bly.Nou het Assirië hulle sonder rede verdruk.

5. “En nou, wat kry Ek nou hier?” vra die Here. “Wie het nou weer my volk sonder rede slawe gemaak?Dié wat oor hulle heers,spot met hulle,”sê die Here. “Hulle praat die hele dag sleg van My.

6. Daarom sal my volk my Naam ken. En daarom sal hulle weet wanneer die dag kom,dat dit Ek is wat sê: ‘Hier is Ek!’”

7. Hoe mooi klink die voetstappe op die bergevan hulle wat goeie nuus bring en vrede en verlossing aankondig,wat vir Sion sê:“Jou God regeer!”

8. Luister! Die wagte roep hard, hulle sing van vreugde.Want voor hulle oë sien hulle hoe die Here terugkom na Sion toe.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 52